vir die liefde van die reis

Ons spesialiseer in troufotografie

ONS UITKYK OP TROUFOTOGRAFIE

Ons glo dat dit ons voorreg as troufotograwe is om waarde tot 'n troudag te voeg. Ons wil graag daar wees om saam met julle van vroeg tot laat te kuier, dans en lag.  Op die manier kan ons op die beste manier ons fotografiese take verrig en jou spesiale oomblikke vir ewig as `n herinneRing. 

KOFFIETYD

Ons sal jou graag wil leer ken. Sodoende verseker ons jou dat jul liefde vir mekaar in die dag gereflekteer word.  Ons antwoord ook graag al julle vrae, gee wenke en verduidelik meer van ons styl.  Ons unieke vaardighede en ervaring kombineer met jou spesifieke behoeftes om jou troudag onvergeetlik maak.

DIE GESIGTE VAN TROUPASELLA

TrouPasella se toewyding aan vrolikheid, spontaneïteit en intimiteit deur fotografie, is ʼn bewys van die individue se karakters agter die skerms. 

 

Hanco het `n Ingenieursgraad agter sy naam met drie jaar werkservaring.  Hy is tans `n voltydse entrepreneur en avontuurlustige.  Sy kundige agtergrond maak van hom `n uitstekende beplanner waar geen probleem te groot is vir `n oplossing nie.  TrouPasella is waar sy hart lê en waarop hy `n toekoms bou.

 

Anné het `n Voorsieningsketting- en Finansiële Bestuurgraad agter haar naam en is tans besig met `n graad in Argitektuur. Sy is kunstig, kreatief en maak die lekkerste kos sonder enige resep.  Haar natuurlike aanvoeling vir skep en ontwerp maak van haar `n uitstekende fotograaf en troubeplanner.  TrouPasella is waar haar hart lê en waarop sy `n toekoms bou.

 

Ons liefde vir die lewe en sy mense is die dryf agter ons entoesiastiese benadering tot fotografie en besigheid. Ons avontuurlustige karakter inspireer ons om die aksie en kreatiwiteit in elke uitdaging te soek.  Ons is trots op die kwaliteit van ons werk en verseker dat geen kleinigheid agterweë gelaat word nie.